Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Reguit: Onthullings en Gesprekke Oor Suid-Afrika se Geskiedenis 1989-1997 - Claus Nordbruch
Geteken deur die skrywer.
Sagteband.
1997, eerste uitgawe. Kontak-Uitgewers.
248 bladsye.
In hierdie boek skryf die bekende outeur oor intrige en verraad in Suid-Afrika se jongste geskiedenis. Hy noem die kind by sy naam - reguit. Hy sit FW de Klerk se politiek na die "onomkeerbare pad" uiteen. Maar dr Nordbruch lê ook krities die Boere en sy geesgenote se onvermoë daar om hierdie vernietigingverldtog teen te staan. Daar was te veel gebabbel en geklets en te min dade.
Die boek is besonders waardevol deur die gesprekke wat dr Nordbruch met verskeie Boereleiers en ander opposisie politici gevoer het. Die outeur sê in sy inleiding onder ander, dat nie een van sy gespreksgenote vooraf gevra het om die vraelys te sein of dit gesensueer het nie. Dit is dus te meer opmerklik omdat die skrywer op grond van sy Duitse afkoms en die plofbare onderwerp geen taboes in aanmerking geneem het nie. Die vrae is reguit gestel - iets wat nie noodwendig eie is aan die Boeremanier nie en dus soms die een of ander gespreksgenoot verras het.
Verder reken dr. Nordbruch met Mandela se Nuwe Suid-Afrika onverbiddelik af. Sy gevolgtrekkings slaan die spyker op die kop.
Baie goeie algehele toestand.
Additional photos on request. Please ask any questions before placing your order.
Africana / Afrikaans / Afrikaners / History & Politics / South Africa / Political Science / Political Ideologies / Conservatism & Liberalism / Right-wing / Signed / Autographed / Rare
Grading Scale: