Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Toestand: Nuut
Formaat: Sagteband
Uitgegee: 2019 (Kraal Uitgewers)
Bladsye: 275
ISBN: 9780994715982
Toe die Anglo-Boereoorlog in 1899 uitbreek, was die wedersydse lojaliteit tussen Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) en die Oranje-Vrystaat (OVS) groot en die verhoudings tussen die leiers was oor die algemeen baie hartlik. Maar hoe verder die oorlog gevorder het, hoe hewiger het die verskille tussen die bondgenote geword.
In Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 laat val Leopold Scholtz die kollig op die minder bekende stryd agter die stryd tydens die Anglo-Boereoorlog: die verskillende standpunte en oortuigings van die republikeinse leiers; botsende persoonlikhede en opbouende spanning.