Ek en Prins Donkerkuif deur Dihanna Taute 9780798171618 Ek en Prins Donkerkuif deur Dihanna Taute 9780798171618
Ek en Prins Donkerkuif deur Dihanna Taute 9780798171618 Ek en Prins Donkerkuif deur Dihanna Taute 9780798171618

Ek en Prins Donkerkuif deur Dihanna Taute 9780798171618

1 available / secondhand
R40.00
Want to pay less?
Shipping
R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
R35.00 pickup point shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R5.00 pickup point shipping applies to orders over R100.00. There are various locker and counter collection points across South Africa.
View locations
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 2 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Seller
Buyer protection
Get it now, pay later

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Bob Shop ID
640812667

Lehandi Botha dra graag swart. Sy wou eintlik haar kamer in die nuwe huis, wat onder 'n strooihoed in die tuin staan, ook swart verf, maar haar ma-hulle het n stokkie voor sulke uitspattigheid gesteek. So nou verf sy maar haar naels swart en sy kombineer haar swart stewels en korsethemp met pienk en blinkers. Pure Goth-feetjie, want sy is só bang dat sy soos haar oudedoos-ma en suinige, streng pa gaan wees. Maar juis vanweë haar andersheid staan sy nou erg uit in haar nuwe skool uit en is sy sielsongelukkg.

Nadat haar pa n buite-egtelike verhouding op hulle tuisdorp, Theunissen, aangeknoop het en die skande in die plattelandse omgewing die lewe onuithoudbaar gemaak het, moes Lehandi se gesin noodgedwonge vlug. Haar pa besluit hulle trek stad toe, Pretoria toe, en Lehandi is in opstand. Die nuwe skool is anders, die kinders daar is anders en sy mis haar boesemvriendin, Reqita, vreeslik. Haar ouers baklei luid en voortdurend, sy is agter met wiskunde, sy kan nie naam maak op die sportveld nie en sy verlang na haar geliefde ouma wat haar verstaan het, maar te vroeg dood is. Sy luister na die musiek van Allison Weiss en Ellie Goulding en sy dink sy het skilfers van stres. Lehandi voel lus vir dwarstrek en skok. In haar brand woede en n rebelsheid, maar sy is terselfdertyd bang en hartseer en sy smag na n held wat haar uit hierdie nagmerrie kan kom wegvoer n prins wat aan haar perfekte boyfriend-lysie gaan voldoen. Sy ontmoet vir Frans Bruwer, die rugbykaptein, en in haar drome word hy haar prins met sy donker kuif. Maar is hy die witperdheld wat tot haar redding gaan kom?

Dan word Lehandi se huiswerkboek, waarin sy haar liefde vir Frans met krulle en harte uitspel, gesteel en die hele rugbyspan lees dit. Haar pa trek uit, want daar is verwikkelinge tussen hom en tannie Floozy en haar ma kry swaar. Sy vind uit hoekom sy niks van Reqita hoor nie en dit word n tyd waarin sy snags tjank en haarself tussenin van die buitewêreld afsny. Maar Drayke Hunter, wat die lewende hel uit haar irriteer, is daar en hy gooi nie tou op nie. Hy wag geduldig en selfversekerd vir wanneer sy reg is om oor haar hartseer te praat, want hulle het gedeelde probleme, met dié dat sy ouers ook reeds geskei is. Al wil Lehandi hom wurg, kom kruip hy ongenooid onder haar vel in en word haar wiskunde-superheld. Tog word ook hierdie vriendskap deur n misverstand bedreig.

https://twitter.com/dihannataute

Ek en Prins Donkerkuif is n verhaal vir jong volwassenes en vir almal wat hou van n lekker ligte liefdesintrige. Die humor is vlymskerp en die woordgebruik kostelik en vars. Dit is egter ook n storie wat aangryp, met intense oomblikke van hartseer en ontgogeling, soos wanneer Lehandi besef dat haar pa se minnares n baba verwag en dat hy met die vrou gaan trou. Sy ontdek ook dat sy ontrouheid die einde van haar vriendskap met haar beste vriendin beteken het. Hierdie is oomblikke waarin die emosie rou en eg menslik deur die skrywer uitgebeeld word, maar steeds word dit gedoen met die oorspronklike aanslag en skryfstyl waarmee die jong leser sal kan identifiseer.

Dihanna Taute het beslis n op-die-pols-aanvoeling vir wat in jong gemoedere aangaan. Met hierdie liefdesverhaal maak sy haar debuut. Sy maak gebruik van skote humor, hope drama en eerste liefdeservarings om die leser mee te vermaak, maar die verhaal is ook een wat die temas van verhoudings, vriendskappe, gesinskonflik en n soeke na identiteit aansny.

Taute is n jong ma met vier orrelpyp-spruite en die gesin woon in Namibië. Sy skryf vanuit haar eie onthou oor haar beleefde tienerjare.

Aan die einde van die boek is daar die belofte van n opvolg, want hierdie boek is die eerste van n drieluik waarvan die tweede boek, Die Engelsman in my slaai, in Augustus vanjaar verskyn.

Add to cart

Recently viewed

Water Pump & Timing Belt Set Citroen Berlingo 1.4,Peugeot 206 1.4 Popart (Wpk-121203)
R2,545.60

Similar products

Atlan, prins van Atlantis deur Jan Combrink(Afrikaanse wetenskapfiksieverhaal vir die jeug)
R69.00
Ek lees self 6: Jakkals en kraai en die stuk kaas - Wendy Maartens
R95.00
Die verhaal van Narnia Prins Kaspian - C. S. Lewis 9780798142427
R80.00
Ek en My Monster - Leon de Villiers
R130.00