Ena Murray Omnibus 11
About This Book
Condition & Size
Ena Murray Omnibus 11
Ena Murray
Medium Paperback
Name on the front page
Drie romans met die bekoring van "lank, lank gelede". In Die spookvrou van Santa Catalina knoop die avontuurlustige Juanita de Ramiro, kasteeldogter van Cadiz, die stryd aan teen boekanier en seerower. As seekaptein sal sy self sorg dat haar vader se vragskepe veiligheid bereik. En spoedig word sy 'n legende, die "spookvrou", gevrees deur elke seeman. Maar die dag toe sy De Gramont voor sy bemanning verneder, begin sy beheer verloor oor haar hart en oor haar lewe. Met Roep van die Naguil verskuif die toneel na die Kaap de Goede Hoop, na die grasieuse lewenstyl in die Kasteel. Op die hoogtepunt van 'n swierige bal staan hy skielik daar - die gemaskerde dief, die Naguil. Dit is die eerste maal dat Marlaine en die Naguil se paaie kruis. Maar helaas nie die laaste keer nie. In 'n Bruid vir graaf Debussy is Jean-Paul Debussy al dertig, die ouderdom waarop 'n Franse edelman veronderstel is om te trou en besadig te raak. Hy moet binne 'n maand 'n aanvaarbare bruid vind, anders word hy onterf. Hy kom dan ook sy bruid, Simone, op 'n stormnag in 'n herberg tee. 'n Misverstand dryf hulle egter uiteen, maar Simone besluit om haar man terug te wen.
About Readmatter Online Used Bookshop
Born from a dream during the heart of the COVID-19 pandemic, ReadMatter has blossomed into one of South Africa s premier online used bookstores. Operating from three strategic depots in Gauteng, we diligently deliver hundreds of books weekly, illuminating minds and enriching souls and bringing the joy of reading to every corner of the nation. Our shelves boast roughly 10,000 books and 4,000 authors at any moment, with an additional 100,000 unlisted treasures available upon request. Can't find what you're looking for? Allow us the privilege to unearth it for you! At ReadMatter, a portion of every sale is lovingly donated to a variety of causes supporting the aged, the vulnerable, and animal conservation. Join us in turning pages and transforming lives, one story at a time.