2012 hardeband A4 grootte soos nuut. R42 posgeld binne SA.
Hierdie koffietafelboek
het 373 bladsye, bevat 800 foto’s, weeg 1.74 kg en is in hardeband gebind.
Wanneer ’n skuit gereed is om na die viswaters te vertrek, roep die skipper:
“Gooi Los!”
Dan maak die bemanning die toue los en die tog na die viswaters kan begin.
Hierdie boek vertel die verhaal van die vissermanne van Witsand en Port Beaufort,
die tweelingdorpie aan die oosoewer van die skilderagtige Breëriviermond.
Die interessante geskiedenis van beide die kommersiële en sporthengelbedryf word vertel
en toegelig met meer as 800 foto’s van vissermanne, hulle skuite en hul verstommende vangste.
Die boek sal nie net hengelaars interesseer nie, maar ook diegene wat in kontreigeskiedenis belangstel.
Die kultuurhistoriese waarde word gerugsteun deur ‘n integrale verwysingstelsel en ‘n uitgebreide bronnelys.
Gooi Los! bied ‘n oorsig oor velerlei aspekte:
• Die diepsee-roeibootvissermanne en die harderbedryf van weleer.
• Die era van die groot dekskuite en vistreilers wat vanuit die rivier gewerk het.
• Die groot dekskuitongelukke van die sestigerjare.
• Die skibootvissermanne en die afloop van die kommersiële visbedryf.
• Legendariese hengelaars en hulle visvangstories.
• Die baar by die riviermonding, die jetties en die boothuisies op die oewer.
• Die boerkabeljoue wat reusagtig groot word en die kuns om hulle te vang.
• Die verskeidenheid vissoorte van die rivier en San Sebastiaanbaai.
• Stories oor groot haaie, groot walvisse, aggressiewe seekatte en ander diere.
• Die merke en hengelplekke op die rivier en langs die see.