Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Italiaanse sywurmboere word ingevoer om 'n sybedryf te kom vestig in Gouna se boswreld, maar moerbeibome verseg om in die potklei te groei. In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur ren, koorssiekte en onbegrip, en raak hulle al meer verbitter teen die goewerment wat hulle onder valse voorwendsels in die wildernis afgelaai het. Die man wat hulle tot hulp kom, is 'n bosmens met 'n onregeerbare dogter en 'n kop vol planne - die eiesinnige Silas Miggel. Hy wil hulle op 'n skip kry, terug Itali toe ...