Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
295 BLADSY HARDEBAND BOEK IN GOEIE TOESTAND - ENKELE BLADSYE HET POTLOOD ONDERSTREPING / NOTAS
'Met hierdie publikasie bewys Nina Smit inderdaad dat woorde en tydlose gedagtes 'n brug oor eeue heen kan span. En wat 'n oes van deurleefde gedagtes - van Sokrates, Martin Luther en Augustinus tot bekende eietydse Suid-Afrikaanse skrywers en teoloë soos Boerneef, Hennie Aucamp, Ferdinand Deist, Johan Heyns, Johan Cilliers. Soos ?n mens tewens van Nina Smit kan verwag, word ook diep gedelf in die wysheid van die Skrif self. Na die lees van hierdie boek kan 'n mens nie anders om groot waardering te hê vir die skryfster en samesteller se harde en moeisame werk om hierdie wyshede byeen te bring, te orden en keurig aan te bied nie. Die bundel is tekenend van die aard van die meer as 100 boeke wat reeds uit Nina Smit se pen verskyn het - ook hierdie boek handel oor die Christelike leefwyse en hoe om dit te konkretiseer in die praktyk van ons lewe.'