Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Light brown book with white titles - Still in a great unmarked condition - Second edition - 1976 - No dustwrapper . >>> Met Eroica lewer Karel Schoeman sy derde roman vir jong mense oor die lewe van 'n groot kunstenaar. Dié keer is dit die groot komponis Ludwig van Beethoven wie se lewe in romanvorm beskryf word. - Soos die ander karakters in Schoeman se lewensromans, Shakespeare en Rembrandt, het Beethoven die hoogste sport is sy kunsvorm bereik, en is hy dié komponis by uitnemendheid wat deur die eeue die verbeelding van die mensdom aangegryp het. - Op meevoerende wyse beeld Schoeman Beethoven se lewensloop uit: die selfversekerde jong musikus wat na 'n moeilike jeug in Wenen aankom, waar hy in die hoogste kringe beweeg maar homself nog altyd vanweë die grootheid van sy genie as belangriker beskou as al die vorste en prinse met wie hy verkeer. Daar is Beethoven, wie se liefde nie beantwoord word nie; Beethoven wie se toegeneendheid aan sy neef vergeefs lyk; Beethoven wat getref word deur die grootste ramp wat enige musikus kan tref: doofheid. Deur dit alles heen werk hy hartstogtelik, skryf hy hartstogtelike musiek, wek hy die hartstogte in mense. - 'n Ingewikkelde persoonlikheid kry lewe in die bladsye van hierdie boek.