Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
In So onder deur die maan, n derde versameling van sy Chriskrasse, is hy op sy beste. Hier het hy die ou bekendes: Oujan, die baasbeeswagter, wat bees tel soos niemand anders op aarde nie. Jan Baard, die beste buurman vir n naweekboer, wat stry kry met sy geliefde Girlie oor n ontydige uittog dorp toe. En Lukas, die beste plaashulp vir n naweekboer, wat by die vuur sit en vertel hoe die drinkbrousel bamba n man se binnegoed rinneweer en sy siel vertoiing. Daar is baie oor die hede, maar nog meer oor die verlede: rypkoue Junie-oggende as n seun uit die warm kombuis skool toe moet gaan, Pa wat sy warm baadjie oor n kind se skouers hang: die groot vuisslaan met n maat wat op die verkeerde plek gelag het
As n mens eers een Chriskras gelees het, wil jy die res ook hê. Hierdie derde versameling sal, soos die voriges n gunstelngboek word vir alle Chriskrassers, oud en nuut.