Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Toestand: Baie goed
Formaat: Hardeband met stofomslag
Uitgegee: 1972 (Tafelberg)
Pages: 195
ISBN: 0624001822
AARD EN OMVANG VAN DIE HUIDIGE ONDERSOEK
Aanvanklik was die bedoeling om alle streke in die Republiek te behandel, dit wil sê dié wat hul oorsprong in die volksmond het, geografiese streke, geologiese, geomorfologiese, klimatologiese en ander streke, sowel as gebiede en lokaliteite wat deur die Driehoeksmetingkantoor in Pretoria as streke aangegee word, en ook Suidwes-Afrikaanse streke. Dit het egter spoedig duidelik geword dat dit n onbegonne en onbesonne taak sou gewees het.
In die eerste plek sou die omvang die ondersoek onhanteerbaar gemaak het, en in die tweede plek sou dit onwetenskaplik gewees het. Die Driehoeksmetingkantoor onderskei byvoorbeeld tussen slegs drie soorte name, naamlik watername (riviere, spruite, ens.), topografiese aanduidings (berge, heuwels, koppe, ens.) en ander. Wat derhalwe deur dié Kantoor as streke of gebiede aangegee word, is in die meeste gevalle lokaliteite, Bantoewoongebiede, en so meer, en val buite die bestek van dié ondersoek. Ook val dit op te merk dat wat bekend staan as geografiese, geologiese, klimatologiese, landbou- en ander streke, in die meeste gevalle eintlik nie streke is nie, maar gebiede.
Om die omvang van die ondersoek binne perke te hou, wou ek Suidwes-Afrikaanse streekname ook buite rekening gelaat het, maar na verdere oorweging het ek besluit om van die belangrikstes tog in te sluit. Om volledigheid te verseker, sal aandag gegee word aan alle streeksoorte en ook aan sekere gebiede; hulle sal egter nie in besonderhede behandel word nie. Selfs onder die eintlike streke is daar verskillende streeksoorte, na gelang van die motiewe wat tot die benaming aanleiding gegee het, en van die persone wat vir die naamgewing verantwoordelik was. Om hierdie rede het ek my nie net bepaal by die oorsprong en betekenis van die name nie. By streekname wat meer histories-georienteerd is, het ek getrag om sover moontlik op die geskiedenis in te gaan, terwyl ek by ander streke die aardrykskundige agtergrond van meer belang gevind het.