R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
R35.00 pickup point shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R5.00 pickup point shipping applies to orders over R100.00. There are various locker and counter collection points across South Africa. View locations
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Derde Druk, Tafelberg, 1982, Hardeband met omslag in plastiek - Geestelik - 90pp.
I.L. de Villiers het geen bekendstelling nodig nie: dié Godsman en digter met die sienersblik en aardse sin vir humor het deur sy boeke, asook sy radio- en TV-optredes, reeds huisbesoek gedoen by die duisende wat behoefte het aan n bevrydende woord.
Sy boodskap is een van blydskap en liefde, nie van vrees nie; hy distansieer hom van die vreugdeloosheid waarmee aanbidding dikwels gepaard gaan. Die ware godsdiens is liefdesdiens, en liefde maak die hart lig.
Vir Izak de Villiers kan die goddellike uit die mees alledaagse gebeurtenis straal. Elke "siel" is vir hom n Baie Belangrike Persoon voor God, en hy stel dit met nadruk: "Dis nie die groot name wat tel nie, maar die Naam van God. Dis nie soseer groot dade nie, maar doodgewone Christelike liefde."
Sy verwysingsveld is so ruim soos die lewe self - van Calvyn tot Jesus Christ Superstar; selfs by Uilspieël steek hy lig op. Uit die geskiedenis en uit vandag se nuusberigte haal hy spontaan godsdienstige insigte. President Carter met sy "clean country look", Andrew Young met sy oogklappe van eensydige idealisme,
die sjah van Iran se vreeslose aanblik van die dood - dit is die soort figure wat hy voorbehou om oor geestelike waardes te besin. Hy laat selfs vir Job in Kaapstad bankrot speel en ly, sodat n mens besef: die waarheid is oud, die waarheid is nuut.
Teen winter en ontnugtering is n boek wat die leser tot nadenke prikkel en inspireer. Te midde van al die rampspoed en sinisme, die beklemmende gevoel van magteloosheid en lewensvoosheid wat die moderne mens pak, bring dit nuwe perspektief en oplugting van die gemoed; bowenal die versekering dat "in al hierdie dinge tog sin is..."
We combine postage, so do look at our other items on offer.
Please Click --->HERE<--- to see all the itemsPTO Booksis selling.